All Of Me For All Of You - Afrikaans CD Cover

ONS LOOF U

Dit is vir ons ‘n voorreg om hierdie gebede en lofliedere van Dr. Noel Woodroffe en Congress MusicFactory met julle te deel. 'Ons Loof U' reflekteer die hart van korporatiewe lof, eer en dankbaarheid tot God.

Die sangers, kore, musiekskrywers en musikante op hierdie album weerspieël werklik die prag van die Liggaam van Ons Heer Jesus Christus. Hulle word verteenwoordig van alle uithoeke van die wêreld – vanaf die Karibiese eilande, die Verenigde State van Amerika, Europa, Afrika, Asië, Latyns Amerika en die streke rondom die Stille Oseaan – om saam te werk en hierdie hulpbron te kon skep wat nou gedeel kan word met kerke en gelowiges regoor die wêreld.